Die Storie...

Gedurende die vroeë 1990’s het Mev Moller die besigheid van Theo’s Palms op die hoek van Stormvoël weg en Anna Wilson - hulle erfenis leef steeds voort in verskeie noemenswaardige palms op die perseel- gekoop en ‘n nuwe baken in die Moot begin.
Die hekke maak toe oop op ‘n splinternuwe, en toe die enigste, tuinsentrum in die area. Later kom Nico Thuynsma, skoonseun, aan boord en die nuwe eienaar span begin om die nuwe familie besigheid te ontwikkel in ‘n betroubare kwekery waarop generasies vertrou vir sinvolle raad en ‘n verskeidenheid ou gunstelinge sowel as nuwe kruisings en variasies.
 
Oor die jare het ons spesialis plant-lyne ontwikkel om die gemeenskap te voorsien van ’n verskeidenheid tuin- en versamelaarsplante sowel as die kennis en vaardighede om alle soorte tuine te versorg, insluitende protea’s & fynbos,vrugtebome en orgideë.
Twee voltydse tuinboukundiges verseker die kwaliteit versorging van ons plante sowel as die verkryging van ‘n groot verskeidenheid welbekende gunstelinge en voorsien raad oor pesbeheer.
 
Te danke aan die volgehoue ondersteuning van ons gewaardeerde kliente regoor Gauteng, staan ons nog ons plek vol en onderneem om vol te hou om kwaliteit plante en betroubare raad te verskaf en uitstekende diens te lewer.